Daar is iets in die lug. Alhoewel dit koud en reënerig is, voel die energie buite anders as aan die begin van die grendeltydperk. Daar is klanke en kleure orals om my. Die wolke is buitengewoon mooi. Hier en daar kruip ʼn groen blaartjie by ʼn boom uit. Tortelduiwe sit in ʼn ry op die takke. Daar is ʼn witblou eier in my kwakkereende se nes. Die grenadella-plant by my voordeur het ʼn perfekte perswit…
"Lesse in die grendeltyd: My oorlogstuin"Author: Ansja
Alhoewel daar geen wetenskaplike bewyse is dat kristalle genesende eienskappe besit nie, word dit algemeen gebruik om ontspanning te bevorder en meer aandagtig te wees. “Ek het nog altyd klippies opgetel en versamel, want ek hou van die gevoel en tekstuur van klippe. Dit is interessant om oor die verskillende klippe en kristalle op te lees en te gesels. Ek het ʼn kristalversameling en het rooskwarts in my tuin tussen die plante. Dit laat my…
"Kristalle: Klippies of kuur?"











