Bio

BIOSKETS:  ANSJA FERREIRA

Ansja Ferreira is ‘n vryskutjoernalis en skakelpraktisyn van Bloemfontein.  In 1990 behaal sy ‘n  Honneursgraad in Kommunikasiekunde met Joernalistiek as hoofvak in 1990 aan die Universiteit van die Vrystaat en is ook ‘n gekwalifiseerde lewensafrigter (Life Coaching Institute Diploma in Life Coaching Dip LC (LC Inst.) en joga-instruktrise.

Sy voltooi haar Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat in 2019.  Sy is lid van COMENSA en CAPASSO.

Sy word aangewys as die Vodacom Journalist of the Year 2011 Central Region Consumer Journalism en was ‘n finalis vir die 2011 ATKV Mediaveertjies in die afdeling Finansiele verslaggewing.

Sy is ook die wenner van die Penguin-Random Prys vir die beste kreatiewe skryfkunsstudent in die eerste Magisterjaar van Departement Afrikaans en Nederlands, 2018 aan die Universiteit van die Vrystaat.

Haar stokperdjies sluit in sang, die skryf en vertaling van liedjies, die skryf van bloginskrywings, fotografie, tuinmaak en joga.