Vind vrede in die ritme van die lewe

Ek sit elke oggend voor werk vir 10 minute in die tuin, nadat die kinders afgelaai is by die skool en ek ʼn bietjie tyd vir myself het. Dit is wanneer ek kan asemskep en myself vind. So sien ek die seisoene verbygaan, hoe my plante groei, die voëls in die bome neste maak en kleintjies grootmaak.  Hoe die kleintjies later hul vlerke sprei en wegvlieg uit die neste. Ek kyk na die blare van…

"Vind vrede in die ritme van die lewe"

Lesse in die grendeltyd: My oorlogstuin

Daar is iets in die lug. Alhoewel dit koud en reënerig is, voel die energie buite anders as aan die begin van die grendeltydperk.  Daar is klanke en kleure orals om my.  Die wolke is buitengewoon mooi. Hier en daar kruip ʼn groen blaartjie by ʼn boom uit.  Tortelduiwe sit in ʼn ry op die takke. Daar is ʼn witblou eier in my kwakkereende se nes.  Die grenadella-plant by my voordeur het ʼn perfekte perswit…

"Lesse in die grendeltyd: My oorlogstuin"