Leer ʼn “Lockdown-les by ʼn woestynroos – veerkragtigheid in veranderende tye.

Die nederige woestynroos lyk dalk vaal en eenvoudig op die eerste oogopslag. Kyk jy mooi, dan sien die blaartjies wat ʼn perfekte rosie vorm. Die skakerings van ligpienk, ysblou, turkoois en dofgroen, afhangende van hoeveel son die plant kry. Die plant lyk asemrowend mooi na die reën wanneer waterdruppels daarop kleef. ʼn Pêrel wat in die middel van die woestynrosie skitter wanneer die son dit vang. Hulle lyk altyd mooi – selfs wanneer hulle witgeryp is in die winter of wanneer ʼn hittegolf die res van die somertuin laat verlep. Ek het lank gesukkel om hulle aan die groei te kry. Dalk het ek hulle te veel water gegee of op die verkeerde plek geplant. Maar uiteindelik het ek ʼn paar woestynrosies aan die groei gekry. Een somermiddag het die wolke opgesteek en bly groei, totdat dit soos ʼn donker kombers oor die tuin gehang het. Wit korrels hael het gekletter soos albasters wat uit hul houer gegooi word. Die woestynrose se blare was afgebreek en verstrooide blare en leë stammetjies het orals rondgelê. My moed het in my skoene gesak en ek het die plante net so gelos en daarvan vergeet. Drie weke later kom ek toe af op iets wonderliks. Die afgebreekte blare het elk ʼn miniatuurplantjie gevorm wat uit die blaar groei en die stammetjie is ook vol klein plantjies. In plaas van een, het ek nou ʼn klomp klein woestynrosies. Dit laat my laat besef dat uit moeilike tye en swaarkry ook iets wonderliks kan groei.

Dwarsdeur die mens se geskiedenis was daar tye van teenspoed en swaarkry. Dit is deel van die lewe in hierdie fisiese realm. Dink maar aan die Jodeslagting in die konsentrasiekampe, die Anglo Boereoorlog, die swart pes, Spaanse griep, wêreldoorloë. Mense gaan ook verskriklike dinge in hul lewens deur, daar is siektes, kanker, ʼn kind of geliefde wat doodgaan, finansiële probleme, egskeidings, gesinsgeweld, emosionele afknouery en nog baie meer.

Dit is normaal om skok en woede te ondervind wanneer iets verskrikliks met jou gebeur. Diegene wat veerkragtig is of ʼn oorlewingspersoonlikheid het, laat nie slegte of negatiewe omstandighede toe om hulself te definieer nie. Hulle evalueer hulle keuses en maak die sinvolste en positiefste keuses. Wanneer jy teenspoed, tragedie of moeilike omstandighede in die gesig staar, wát laat een persoon verkrummel, ʼn ander oorleef en ʼn ander floreer? Dr. Al Siebert skryf in sy boek The Survivor Personality dat mense met ‘n oorlewerspersoonlikheid fokus op hul sterk punte wat ontwikkel gedurende ʼn krisis en hul lewens in ʼn groter konteks beskou en weier dat ander hul gedagtes en emosies beheer. Hy het gedurende die Tweede Wêreld Oorlog opgemerk dat oorlogsoorlewendes nie soseer soos Sylvester Stallone in Rambo was nie, maar meer soos Alan Alda wat Hawkeye in M.A.S.H. gespeel het, was. Jare se navorsing deur hom het bevind dat mense wat oorleef en later floreer dikwels op uitdagings reageer met humor, wysheid en geestelike en emosionele buigbaarheid.

Al, wat ’n paar jaar gelewe oorlede is, het sewe benaderings voorgestel om ’n oorlewerspersoonlikheid te ontwikkel
1) Oriënteer jouself tot ’n nuwe realiteit deur vrae te vra. Wees nuuskierig, absorbeer inligting en ontwikkel jou eie innerlike “kaart”. Vra jouself: “Wat moet ek doen sodat alles goed vir my sal uitwerk? Wat is my innerlike en uiterlike hulpbronne?.
2) Vervang slagoffer denke en blamering met die leer uit foute en terugslae en die hantering van probleme. Wees optimisties dat jy selfs iets goeds kan vind in ’n bedreigende situasie.
3) Hanteer emosionele stremming soos ’n oefening. Vind die gewig wat jy kan lig sonder te veel inspanning en rus tussen probeerslae. Let op hoeveel sterker jy word. Maak ’n lys van positiewe dinge en doen dinge wat speels is en jou laat lag. Bring tyd deur saam met mense wat jou selfvertroue opbou.
4) Beheer jou eie en ander se negatiewe gevoelens op ’n positiewe wyse. Laat ander toe om hulself uit te druk, terwyl jy waarde vind in hul bekommernisse, soos hul vermoë om vir die ergste voor te berei.
5) Bou aan jou selfbeeld, selfvertroue en selfbeeld. Identifiseer jou sterktes en waardes. Waardeer jou kompleksiteit.
6) Vind wyses om aan te pas.
7) Wees verras deur onverwagte gevolge. Wees oop vir die heerlike, verwarrende, vreemde en die wonderlike besef dat deur iets kosbaars te verloor die deur oopmaak vir nuwe en onverwagte moontlikhede.
Ons gaan almal tans deur ʼn moeilike tyd deur die onsigbare wat ons wêreld vir altyd verander het. Ons is uit ons gemaksones en die lewe waaraan ons gewoond is, geruk. Ons kinders is nie by hul skole nie, ons nie by ons werke nie, kerke, byeenkomste, kunstefeeste, skoue, alles is gekanselleer. Ons kan nie koop en doen wat ons wil nie. Ons kan ʼn les by die eenvoudige woestynrosie leer deur veerkragtig en geduldig te wees. Daar sál ook iets goeds uit hierdie moeilike tye kom.

Die woestynrose se blare was afgebreek en verstrooide blare en leë stammetjies het orals rondgelê. My moed het in my skoene gesak en ek het die plante net so gelos en daarvan vergeet. Drie weke later kom ek toe af op iets wonderliks. Die afgebreekte blare het elk ʼn miniatuurplantjie gevorm wat uit die blaar groei en die stammetjie is ook vol klein plantjies. In plaas van een, het ek nou ʼn klomp klein woestynrosies. Dit laat my laat besef dat uit moeilike tye en swaarkry ook iets wonderliks kan groei.