Be still and the earth will speak to you…Navajo wisdom Party kinders is terug skool toe. Die kleintjies by die kleuterskool sit in hoepels om sosiale afstand te handhaaf. Die grotes dra maskers en baie van ons is ook terug by die werk. Dit is koud en baie van ons is Corona en lockdown-voos. Mense ly aan angs en kry ʼn hol kol op die maag wanneer hulle na die nuus op die TV kyk…
"Lesse uit ʼn lockdown – winter in die Vrystaat"Category: Grendeltyd
Die muskeljaatkat Die stilte slaan sy tentakels in ons ark in. Daar is geen geluide van karre, sirenes en trokke wat op die N1 agter ons huis ry nie. Dit is halfeen die oggend en daar is iets op ons dak. Dit klink soos iemand wat op die dak loop en met ʼn hammer daarop slaan. Ons slaappatrone het verander. Ons gaan slaap eers na twaalf in die aand, staan sewe uur op en slaap…
"Lesse uit ʼn lockdown – Deel 1: Die muskeljaatkat"











