ʼn Verhaal van ʼn eensame vuurtoringwagter en ʼn meermin ʼn Sirkusbaas sal goed betaal vir ʼn lewendige meermin, veral een wat ʼn viool kan speel. Maar… dis nie so maklik om een te vang nie. En…jy moet nooit in haar oë kyk nie. Wanneer die reën oor die golwe dans en matrose verlei word deur die viool se klank wat betowerend soos ʼn swaan in die water gly, raak dit maar alleen vir die een…
"Vuurtoring (kortverhaal deur Ansja Ferreira)"











