Gedagtes gedurende ʼn pandemie (Deel 3) Twee goue paashase met groen strikke om hul nek staan kiertsregop op die kombuisrak. Ek bring die spuitbotteltjie met Jik water nader en spuit hul versigtig af. Vryf hul droog met ‘n vadoek en gooi die vadoek onmiddellik in die was. Was my alreeds skurwe hande deeglik. Daar is pleisters waar die vel rooi is van al die ontsmettingsmiddels. Lang naels is nou iets van die verlede. Die hasies…
"Lesse uit ʼn “lockdown” – Deel 3: Inkopies gedurende die grendeltyd"Author: Ansja
Ek loop in my labirint in die tyd van die onsigbare, ʼn tyd van afsondering en stilte. Tog klink die voëls se getjirp nou helderder, skerper, harder as voorheen. Die lug is besonder helder en die wolke buitengewoon, engelagtig. In die aand hoor ek die krieke duideliker as tevore. Die sterre is skerp en helder. Die enigste ander geluide is blare wat van die bome afval en honde wat in die verte blaf. Is my…
"Gedagtes in ʼn “lockdown” – Deel 4: Die natuur neem hulle s’n terug."











