Die nederige woestynroos lyk dalk vaal en eenvoudig op die eerste oogopslag. Kyk jy mooi, dan sien die blaartjies wat ʼn perfekte rosie vorm. Die skakerings van ligpienk, ysblou, turkoois en dofgroen, afhangende van hoeveel son die plant kry. Die plant lyk asemrowend mooi na die reën wanneer waterdruppels daarop kleef. ʼn Pêrel wat in die middel van die woestynrosie skitter wanneer die son dit vang. Hulle lyk altyd mooi – selfs wanneer hulle witgeryp…
"Leer ʼn “Lockdown-les by ʼn woestynroos – veerkragtigheid in veranderende tye."Author: Ansja
Ek versamel graag klippies, skulpe en plantsteggies orals waar ek gaan, om die plekke te onthou wat ek besoek, iets daarvan vas te vang en na my huis en tuin te bring. Ons hou daarvan om rond te snuffel by vlooimarkte, antieke winkels, die boeremark of kunstefees, om iets unieks en spesiaals te vind. Eerder as om herinneringe te versamel, het baie mense die behoefte om dinge te versamel. Om hulself te herinner aan die…
"Die Dinge wat Ons Bymekaar Maak"











