Gedagtes in ʼn “lockdown” – Deel 4: Die natuur neem hulle s’n terug.

Ek loop in my labirint in die tyd van die onsigbare, ʼn tyd van afsondering en stilte. Tog klink die voëls se getjirp nou helderder, skerper, harder as voorheen. Die lug is besonder helder en die wolke buitengewoon, engelagtig. In die aand hoor ek die krieke duideliker as tevore. Die sterre is skerp en helder. Die enigste ander geluide is blare wat van die bome afval en honde wat in die verte blaf. Is my…

"Gedagtes in ʼn “lockdown” – Deel 4: Die natuur neem hulle s’n terug."

Leer ʼn “Lockdown-les by ʼn woestynroos – veerkragtigheid in veranderende tye.

Die nederige woestynroos lyk dalk vaal en eenvoudig op die eerste oogopslag. Kyk jy mooi, dan sien die blaartjies wat ʼn perfekte rosie vorm. Die skakerings van ligpienk, ysblou, turkoois en dofgroen, afhangende van hoeveel son die plant kry. Die plant lyk asemrowend mooi na die reën wanneer waterdruppels daarop kleef. ʼn Pêrel wat in die middel van die woestynrosie skitter wanneer die son dit vang. Hulle lyk altyd mooi – selfs wanneer hulle witgeryp…

"Leer ʼn “Lockdown-les by ʼn woestynroos – veerkragtigheid in veranderende tye."