Die son gooi ‘n rooskwarts gloed oor die oggendhemel en sonstrale gryp na die branders. Dit word warmer en dit lyk asof daar stoom bo die water dryf. Ontelbare druppeltjies styg bo die see. Al hoër en hoër. Een van my stokperdjies is om wolke dop te hou en foto’s daarvan te neem. Wolke skep prentjies en stories in die lug en neem my in my gedagtes na die plekke waarna ek verlang. Soms lyk…
"Die see in die wolke"Category: Engele en Wolke
Volgens die New World Encyclopedia (2016) is ‘n engel (uit Grieks: ἄγγελος, Ángelos, wat beteken “boodskapper”) ‘n bonatuurlike en eteriese verskynsel wat in verskeie godsdienste voorkom. Alhoewel die name van engele in die verskillende gelowe verskil, stem die rolle wat engele speel grootliks ooreen in die verskillende godsdienste en kulture. Rolle wat orals voorkom is onder meer boodskappers, helpers, raadgewers, rekord hou van mense se doen en late en doodsengele wat ‘n rol speel om…
"Engele"











