Herfs in die Oos-Vrystaat

Die lug is koud, maar die bome is aan die brand.  Skarlakenrooi , goudgeel en oranje vlamme lek-lek aan die blouselblou lug. Oos-Vrystaat in die herfs is die plek waarheen jy kan gaan wanneer jy jou siel wil voed.  Wanneer jy moeg is, kan jy gaan neerlê in die groen weivelde wat besig is om oor te gaan na geel. Jy kan die grootheid van die skepping aanskou.  Jy kan jouself verloor in die herfslandskap,…

"Herfs in die Oos-Vrystaat"

Die tweede golf

Sonstrale skitter soos klein wit diamantjies op die grysblou see. Ramsgate, Desember 2020.  Daar is baie mense op die strand, maar dit is hierdie jaar anders.   ʼn Demper word op die vakansieseisoen geplaas deur iets onsigbaars en bedreigend.  ʼn Mens kan dit voel en sien.  Die meeste vakansiegangers is baie versigtig en behou sosiale afstand op die strand.  Ek besluit om te gaan swem.  Die branders is vandag soos wilde perde met dreunende wit skuimhoewe. …

"Die tweede golf"