‘n Sjerpa Vir Jou Lewensreis

Daar is ‘n groeiende behoefte na betekenis, vrede en kalmte in die vinnig veranderende en ietwat chaotiese wêreld waarin ons tans leef Ons lewensreis kan vergelyk word met die ervaring om ʼn berg te klim Dit is ʼn avontuur met op en afdraandes, stopplekke, ʼn reis na bo, ʼn wedloop van motivering, geduld en krag, maar uiteindelik is die mees asemrowende gevoel wanneer jy die kruin van die berg bereik.

Oor: ‘n Sjerpa Vir Jou Lewensreis

Indien jy ooit sou besluit om Everest aan te pak, sal jy dit waarskynlik doen onder leiding van ‘n Sjerpa gids ..‘n Sjerpa op jou lewensreis kan jou leer van gemaksones, ankers, jou rugsak ( uitbranding, nederigheid, empatie en ‘n spirituele benadering. Lesers word uitgedaag om ‘n kopskuif te maak en self oplossings te vind vir hul probleme en die lewenspad vorentoe Hierdie boek help mense die kuns van lewensafrigting en bewusvolheid aanleer en gee hulle vryheid om dit op hul eie manier toe te pas Wat doen jy wanneer die lewe jou platgeslaan het? Hoe hanteer jy verandering en staan jy weer op? Van wenslysie tot werklikheid en om uit uit die donker na die lig te beweeg.

Boek resensies en artikels

Ansja Ferreira was jare lank in die wêreld van joernalistiek, en het tussen 2010 en 2020 meer as 350 tydskrifartikels geskryf. Tussen haar artikels deur, het Ferreira “Wees jou eie Life Coach in lyn met God se Woord”, wat in 2014 gedruk is, geskryf, asook “La – ’n Reis na die lig” in 2020. Nou het sy haar nuutste selfhulp boek, “’n Sjerpa vir jou lewensreis” by haar versameling gevoeg.

Lees meer hier.

Bloemfontein Courant/Warren Hawkin

My City Bloemfontein

Central SA

Ware fees wag op literatuurliefhebbers

Lees meer hier.